MARIEBESKUITJIE FUDGE
Hierdie koekies is vinnig om te maak en lekker om in die huis te hê oor vakansie tyd.
- 2 pakke gebreekte Mariebeskuitjies
- 250 g margarien
- 500 g versiersuiker
- 45 ml (3 eetlepels) kakao
- knippie sout
- 2 eiers, geklits
- 5 ml vanilla geursel
Smelt die margarien in n kastrol oor lae hitte. Voeg die versiersuiker, kakao en sout by en roer tot glad. Roer geklitste eiers by en roer weer goed. Voeg laaste die gebreekte Marie beskuitjies en vanilla guersel by. Skep dit uit in ‘n gesmeerde bak. Druk vas en plaas in yskas om af te koel. Sny in blokkies.
- KARAMEL BLOKKIES
- 250 g margarien
- 500 g versiersuiker
- 1 blik karamel kondensmelk
- 5 ml vanilla geursel
- 2 pakke Mariebeskuitjies
Smelt margarien in ‘n kastrol oor lae hitte. Voeg versiersuiker by en roer tot glad. Voeg daarna karamel kondensmelk by en roer weer tot glad. Voeg gebreekte Marie koekies by. Skep uit in gesmeerde bak en plaas in yskas om af te koel. Sny in blokkies.
My bak is 25 x 30 cm. Ek bere dit in ‘n lugdigte houer in die yskas.
Resep en fotos: Elsa Van Kradenburg Fourie