MARIÉ SE VISKOEKIES
- 2-3 groot aartappels, fyngedruk met vurk
- 2 blikkies tuna, water gedreineer
- sout en peper en speserye
- 1 eier
- 3 spietuie, fyngekap
- bietjie vars pietersielie
- ½ kop broodkrummels
Meng alles saam. Rol balletjies en sit op bord. Sny kaas in klein blokkies. Druk met duim gat in balletjies en druk kaas in die koekie en vorm die koekie.
Doop koekies in geklitse eier en rol in broodkrummels. Plaas bord met koekies in yskas vir so 10 min.
Braai in vlak olie en sit op handdoek rol om oortollige olie te dreineer.
Geniet saam chippies of ‘n lekker groenslaai.
Resep en foto: Marié Fourie