MARIE SE VETKOEK
Vanmiddag die heerlikste vetkoeke gebak. Bedien met maalvleis, kaas, tamatie, konfyt en kaas! Net reg vir rugby en lekker smul voor TV! Aldus Marie.
- 400 ml louwarm water
- 15 ml suiker
- 15 ml olyfolie
- 7,5 ml sout
- 1 pakkie kitsgis
- 3 koppies koekmeel of broodmeel
Knie met elektriese klitser met deeglemme vir omtrent sewe minute of met hande vir 10 minute. Laat rys tot die deeg verdubbel het in grootte. Knie af en rol in worsvorm, druk plat en sny vetkoeke in lengtes so groot soos verkies. Laat weer rys vir sowat 20 minute en bak in warm olie tot goudbruin.
Resep: Marie Bateman
Fotos en nota: Elize de Kock
Die beslag van die vetkoek was baie nat, ek wou ekstra meel bysit maar het besluit om die resep netso te volg.
Natuurlik my hande en werksblad met olie gesmeer, want die deeg is taai en sit oral vas. Ek het mooi versigtig met albei hande die gerysde vetkoeke opgetel en in die olie gesit.
Dit pof onmiddelik. Heerlik, crispy buite en sag binne. Kyk die mooi rysgate. Presies die soort vetkoek wat ek wou hê.
Rene Venter
Beste resep ooit, ek bak al lank vetkoek (of probeer ) maar die is die lekkerste beste maklikste vetkoek resep nog. Baie baie dankie vir Tannie Marie se resep my man en kinders en ek waardeer dit baie