MARIE SE SPEK EN KAAS BROODJIE
(Heerlik as braai bygereg)
Nou net klaar die broodjie gemaak.
Hoeveelhede na gelang van die aantal snye wat jy in die brood gaan maak.
- 1 klaar voorafbereide brooddeeg, gekoop by jou naaste winkel
- snye van jou gunsteling kaas bv Chedder, Gouda, Mozarella, in skyfies
- stukkies gaar spek
- groen uie, gekap
Rol brooddeeg in ‘n 20 – 22 duim lang rol. Vorm in ‘n sirkel en plaas in die onderkant van ‘n gespuite bundt pan (ronde ringkoekpan).
Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbel in grootte.
Verwyder die kleefplastiek en bak by 180°C vir 20 – 25 minute of tot ligbruin. Laat afkoel.
Maak snye in die breedte sowat 1-duim uitmekaar, sonder om dit deur te sny tot op die onderste kors.
Plaas op ‘n gespuite bakplaat. Plaas kaas skyfies, spek en gekapte uie tussen die snitte in.
Plaas terug in oond en bak ‘n verdere 5-10 minute of tot kaas gesmelt is.
Nota:
Ek het ook botter tussen die snye ingesit en gesmelte botter bo-oor gesmeer, sal volgende keer net die snye dunner sny.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie