Your Recipe Blog

MARIE SE “SNACKLES”

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 38

MARIE SE “SNACKLES”

Snackles gemaak, vir soet vulsel, sit 3 teelepels suiker by en vir sout degie bietjie sout en peper.
Heerlik vir soet- en sout vulsels.
Maak ongeveer 38

  • 1 eier
  • ¾ koppie melk
  • ¾ koppie water
  • knippie sout
  • 1 koppie koekmeel

Meng alles net saam.
Hou vadoek eenkant en vee snackle yster  kort-kort aan die onderkant ‘n bietjie af.
Druk in mengsel, ek druk dit twee keer in mengsel. Sit dadelik in die warm olie.
Olie moet warm wees. Hou ‘n paar sekondes en haal uit.
Ek bak net met twee ystertjie.

Nota:
Ek maak dit ‘n dag voor die tyd, het ook gehoor jy kan dit vries.

Resep en foto Marie Rheeder Troskie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5