MARIE SE SJOKOLADEKOEK
- Sif saam:
- 1 ½ koppies koekmeel, hoogvol
- 1 ½ koppie suiker
- 3 eetlepels kakao
- knippie sout
- 3 teelepels bakpoeier
- Voeg by:
- ¾ koppie olie
- ¾ koppie kookwater
- 1 teelepel vanilla geursel
- 4 eiergele
- Ekstra:
- eierwitte, styf geklits
- 1 teelepel bakpoeier
Klits witte styf, voeg die bakpoeier by die eierwitte en vou in mengsel in met ‘n lepel.
Verdeel die deeg in 2 voorbereide 20 cm panne.
Bak vir 20 min teen 180ºC tot toetspen skoon uitkom.
Haal uit op rakkie, laat staan ‘n rukkie en keer die koeke uit die panne.
Laat heeltemal afkoel.
Versier soos verkies.
Resep en foto: Marie Grobler