Your Recipe Blog

MARIé SE MIELIEPAP PIZZA

Recipe by
Cook: 15 minute

MARIé SE MIELIEPAP PIZZA

  • 3 koppies oorskiet mieliepap met mielies in
  • 1 groot ui, in blokkies gekap
  • ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • olyf olie
  • speserye van jou keuse
  • 1 eetlepel kerrie
  • sout en peper
  • knoffel
  • 1 koppie gekapte spinasie
  • gerasperde kaas
  • bietjie room
  • gesnyde tamatie skyfies

Braai ui en soetrissies in pan met olyf olie. Voeg speserye van jou keuse by asook kerrie, sout en peper.
Voeg knoffel by en braai nog bietjie.
Voeg gekapte spinasie by en braai tot dit amper sag is. Sit in bakkie eenkant.
Druk die mieliepap in’die pan vas sonder om pan te was.
Strooi bietjie kaas bo-oor. Meng die bietjie room saam met die uie mengsel.
Skep dan die uiemengsel bo-op die kaas. Sit gesnyde tamatie skyfies bo-op met nog kaas bo-oor.
Bak vir 15 minute by 180°C tot kaas reg is.

Resep en foto’s: Marié Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page