Your Recipe Blog

MARIE SE KERRIEPASTA – SOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min

MARIE SE KERRIEPASTA – SOUS

Indian kerriepasta, lekker warm gespice, gemaak en gevries vir vinnige gebruik.

  • 4 uie
  • 6 tamaties, gerasper
  • knoffel, na smaak
  • Kerriemengsel:
  • 3 eetlepels masala
  • 2 eetlepels borrie
  • 2 eetlepels Durban peri peri
  • 3 eetlepels breyani mengsel
  • 2 eetlepels komyn (cumin)
  • 2 eetlepels paprika

Braai die uie in bietjie olyfolie tot begin bruin word.
Voeg die knoffel by en braai nog so klein bietjie.
Rasper die tamaties vir vars tamatiepulp en voeg by,  meng net uie. Kook ‘n rukkie.
Voeg die speserye by wat saam gemeng is, en aangemaak is met warm water om ‘n pasta te vorm nie te duk nie Jy kan hoeveelhede aanpas na jou smaak.
Kook ongeveer 20 minute. Laat afkoel. Skep in sakkies wat goed seël.

Nota:
Ek het al die hele “batch” gebruik vir hoenderkerrie, ek het 3 heel hoenders op die hoeveelhede sous gebruik.

Resep en foto: Marié Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page