Your Recipe Blog

MARIE SE CREMORATERT

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 8 porsies

MARIE SE CREMORATERT

Ek het die cremora tert, op die blad gemaak. Is hemels☆

  • 250 ml Cremora
  • 125 ml suurlemoensap
  • 125 ml kookwater
  • 1 blik kondensmelk
  • Kors:
  • 1 pakkie Marie- of  Tennisbeskuitjies
  • 80 – 100 ml gesmelte botter

Maak Cremora met kookwater aan en laat afkoel.
Klits kondensmelk en Cremora saam vir vyf minute, voeg suurlemoensap by en klits vir een minuut.
Maak die koekies goed fyn, meng die botter en koekieskrummels en druk styf vas as kors in die tertbak.
Skep die vulsel in die kors en plaas in die yskas om te stol.

Nota: Kristie Townsend
Marie se cremora tert wat op die blog is, gemaak. Het net coffee whitener gebruik wat dieselfde is as Cremora, nie so soet nie dis wat ek kon kry hier in NZ en het dan Anzac koekies fyngemaak en as die “base” gebruik! Het heerlik uitgekom baie dankie vir die resep!

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Susan Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page