Your Recipe Blog

MARIE SE BLESBOK WILDSPASTEI

MARIE SE BLESBOK WILDSPASTEI

Ek het al die afval bene gebruik wat nog vleis aan gehad het. Ons wou nie die vleis mors nie. Ek het die bene in my stoompot gekook tot die vleis van die bene afval.

  • Kook saam:
  • wildsbene
  • 1 eetlepel fyn komyn
  • 1 eetlepel hoenderspeserye
  • 6 – 7 heel wortels

Wanneer die vleis van die bene afval, skep bene in ‘n bak en laat effens afkoel sodat jy al die vleis kan afkry.
Plaas die volgende groente in dieselfde pot by die vleisaftreksel wat nog in die pot is en kook tot sag.

  • 5 gekapte uie
  • 1 botterskorsie, opgekap in stukkies
  • 6 – 7 aartappels, blokkies gesny
  • swartpeper
  • 1 eetlepel fyn komyn
  • 1 eetlepel paprika
  • sout na smaak
  • 7 huisies knoffel, fyn gekap
  • Maak aan in ‘n beker:
  • 6 eetlepels tamatie pasta
  • 3 eetlepels Worcestersous
  • 4 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • Vir pastei:
  • puff pastry

Sodra groente sag is, meng die vleis saam met die groentemengsel in asook die bekermengsel en kook vir 10 minute deur. As die sous nog te veel is, meng deur met bietjie soppoeier (Ek het tamatie sop, sampioene en bruin uie gemeng). Kook deur.

Nota:
Vleis mengsel moet nie te pap wees nie.
Laat heeltemal afkoel en maak die pastei.
Neem die deeg, rol effens dunner uit en sit onderen teen die kante van in die tertbak wat gespuit is met nie-kleefwerende middel.
Skep die vleismengsel bo-op en maak toe met ‘n laag deeg bo-oor.
Bak in die oond teen 180ºC tot die deeg gaar is ongeveer 30 – 40 min.

Nota:
Die vleis wat oorbly vries baie goed in ‘n bakkie met ‘n deksel.

Resep en foto: Marié Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5