MARIDA SE VANILLA KOEK
My opgejazzde vanilla koek.
- 6 koppies koekmeel
- 8 eiers
- 4 koppies suiker
- 10 ml sout
- 1 koppies olie
- 2 koppies melk
- 10 ml vanilla essence
- 4 teelepels bakpoeier
Klits eiers en suiker goed saam. Sif meel en sout by, meng melk en kookolie by dan bakpoeier. Moenie oormeng nie.
Skep in 2 voorbereide panne.
Bak by 180 ºC vir 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Nota:
Ek het twee veerklamp panne van 27 cm gebruik.
Daarna my sponse gestroop met” simple syrup”.
- Stroop:
- 1 koppie water
- 1 koppie suiker
- vanilla pod of essense
Kook alles saam tot ‘n stropie, giet oor die warm koeke.
- Versiersuiker:
- 500 g botter, goed geklits moet sommer wit wees
- 6 koppies versiersuiker
- 5 ml vanilla essense
Klits die botter baie baie goed, dit moet sommer wit wees, voeg dan die versiersuiker stelselmatig by terwyl jy heeltyd klits, nadat al die versiersuiker ingemeng is, sit die vanilla by, meng goed deur en versier die koeke.
Plaas een laag op die bord, smeer versiersel in die middel, sit die ander laag bo-op en smeer die hele koek of soos verkies.
Nota:
Gebruik enige wit sjokolade om koek mooi te versier. Ek het Lindt gebruik en wit Kit Kat en bietjie fudge ook oor gerasper.
Foto en resep: Marida Olivier












