MARIAN SE RIGATONIKOEK
Ek wou dit al lankal maak – en die keer was dit ‘n sukses.
- 1 pak cannaloni pasta
- 1 pakkie sampioensop
- 900 ml melk
- 1 pakkie spek
- rooi ui
- 1 pakkie kersietamaties
- 1 pakkie sampioene
- 1 pakkie ham
- klein pakkie songedroogte tamaties
- 1 driehoek bloukaas
- 1 bakkie geroomde Jalapeno maaskaas
- 1 klein pakkie vars basiliekruid
- ½ pak babaspinasie
- Cheddarkaas
- sout en peper na smaak
Kook water en plaas cannaloni vir ‘n paar minute in die kookwater totdat jy die cannaloni kan deursny as dit te lank is vir die koekpan.
Maak sampioensop aan met melk en kook in mikrogolfoond tot dik en gaar.
Sny die spek, sampioene, uie en tamaties fyn. Braai elke bestanddeel apart in ‘n pan om dit as lae in die cannaloni te pak of dit kan ook alles saam gebraai word indien verkies.
Plaas eenkant dat dit afkoel.
Plaas ‘n lagie sampioensous onder in koekpan en pak die pasta in pan tot pan vol is. Pak al die bestanddele behalwe die maaskaas, babaspinasie, basil en cheddarkaas in lae in die cannaloni. Skep teelepels vol van die maaskaas oor elke pastarol.
Sny spinasie en basiliekruid fyn en strooi bo-oor. Skep res van sampioensous bo-oor gevulde cannaloni.
Plaas oornag in yskas.
Voorverhit oond tot 180°C en bak vir 20 minute.
Rasper cheddarkaas oor en plaas terug in oond. Bak vir nog 10 minute tot kaas gesmelt en goudbruin is.
Verwyder uit oond en laat staan vir 10 minute voor dit bedien word.
Resep en foto’s: Marian van Deventer