MARIAN SE HEERLIKE SKAAPSKENKELS
Resep en foto: Marian van Deventer
Het vanaand my mense met Lamb Shank en mash bederf.
- 6 heel skaapskenkels (Lamb Shanks)
- 1 koppie rooiwyn
- 1 bottel bbq marineersous
- 1 ui
- 1 eetlepel fyn knoffel
- 1 pakkie sampioene
- 2 wortels
- vleis versagter (Meat tenderiser)
- BBQ spice
- Roosmaryn – Ina Paarmen
- Sout
- olie vir braai
- Sprinkel die vleis versagter( Meat tenderiser) oor en marineer vleis in marineersous vir ongeveer 1 uur.
- Vee sous met jou hande van die vleis af en braai die vleis in ‘n pan met bietjie olie net tot ‘n mooi kleur regom. Hou eenkant.
- Sny die ui, wortels en sampioene op en sit onder in ‘n pan. Meng ‘n eetlepel fyn knoffel deur die groente.
- Sprinkel die speserye en sout oor die vleis.
- Meng die marineersous en wyn met mekaar en giet oor die vleis. Bedek met foelie.
- Bak in 180°C oond vir 2 ure of tot heerlik sag.
Category:

