MARIAN SE GEKRUIDE PORTUGESE HUTSPOT
Portuguese gereg wat jy lekker met die hand eet.
- 2 kg blokkies beesvleis
- 1 groot pak sampioene
- 3 uie
- 3 eetlepels knoffel
- 3 rissies
- 4 lourierblare
- 5 kerrieblare
- 1 eetlepel masala
- 4 eetlepels kerriemengsel
- 1 eetlepel borrie
- 1 eetlepel paprika
- 1 cm stuk heel gemmer, opgesny
- 2 takkies roosmaryn
- 6 kardomom saad
- 1 eetlepel kaneel
- 1 takkie basiliekruid
- 1 takkie origanum
- 1 takkie salie (sage)
- ¼ koppie malt asyn
- 3 eetlepels suiker
- 1 pakkie tamatiepasta
- 1 pakkie droë appelkose, in warm water gelê
- ½ bottel rooiwyn
- 1 liter water
- sout en peper
- braaivleis speserye
- olyfolie
Plaas genoeg olie in ‘n lekker dikboompot en braai al die speserye en kruie vir 10 min. Voeg die uie en appelkose by. Voeg die pakkie tamatiepasta, die halwe bottel rooiwyn en ‘n liter water by. Laat dit kook tot borrels. Draai plaat af.
Geur die vleis met die speserye, sout en peper. Verbruin in ‘n ander pan. Skep die vleis in die sousmengsel. Laat kook vir ‘n uur op stadige hitte. Voeg sampioene by en prut vir nog ‘n uur.
Nota:
Jy moet maar proe of dit sterk genoeg en sout genoeg is. Anders sit net nog ‘n russie of 2 by.
Pitabroodtjies is oond warm gemaak. Breek dit oop dan is dit soos ‘n bakkie en jy skep jou kos daarmee.
Jy kan ook Portuguese rolletjies koop en hulle sny in repe. Dan gebruik jy dit soos ‘n tang om kos te skep.
Mengelslaai bygemaak.
Resep en foto: Marian van Deventer