MARGARITA HOENDER MET VARIASIE
My inspirasie was ‘n Margarita pizza.
- Sous:
- 2 eetlepels olie plus ekstra vir hoender
- 1 gekapte ui
- 1 – 2 koppie gekapte knoffelhuisies
- handvol vars basieliekruid en origano, gesnipper of teelepel droë Italiaanse kruie
- 1 pakkie tamatiepasta
- 1 blikkie gekapte tamatie
- 1 blikkie vol water (die tamatie se blikkie)
- 1 hoenderaftreksel blokkie
- 2 teelepels suiker
- sout of Aromat en peper na smaak
- 4 hoenderfilette
- Aromat, peper en paprika na smaak
- 200 g Mozzarella kaas in skywe
- Parmesan, gerasper, opsioneel
Braai ui oor medium hitte tot begin glasig word.
Voeg knoffel en kruie by en braai nog 1 min.
Voeg tamatiepasta by en roerbraai nog 1 min om die surigheid uit die pasta te karameliseer.
Voeg die blikkie tamaties en suiker by en meng deur.
Vul die blikkie met water en voeg by.
Krummel ekstrak by sodra die mengsel kook en roer tot opgelos.
Verminder hitte en laat prut tot verdik.
Geur sous met sout of Aromat en peper.
Sny intussen hoender in skywe en slaan bietjie plat met die hand.
Geur met sout of aromat, peper en paprika.
Braai die hoender in warm olie (so 3 lepels) enkel laag in sarsies tot net begin verbruin aan beide kante. Skep uit en hou warm.
Bou jou dis:
Stel oond op lekker warm, so 220°C.
Skep die sous in ‘n oondbak.
Spasieër die skywe hoender op die sous.
Plaas ‘n sny Mozzarella op elke hoenderskyf.
Strooi Parmesan oor indien gebruik.
Bak in die oond tot die kaas gesmelt het.
Bedien met noedels of risotto.
Variasie – Campagnola:
Plaas gesnyde geblansjeerde spinasie op die hoender met kaas bo-op.
Arrabiata:
Braai spekstukkies en rissievlokkies saam met uie in die sous.
Njamm!
Foto en resep: Stef Conradie