MARANDA SE “OGGEND BEDERF” BESKUIT
Vir donkie jare lank al bak ek my Ouma se beskuit en toe kom my Ma eendag met die lekker resep by my aan. Ek bak die resep nou al uit my kop uit en het nog nooit ooit weer sulke lekker beskuit geëet nie.
- Nat mengsel:
- 3 eiers
- 625 ml suiker (2.5 koppies)
- 625 g (1.5 koppies) gesmelte botter
- 750 ml karringmelk (3 koppies)
- Droë mengsel:
- 1.25 liter bruismeel (5 koppies) 748 g
- 500 ml (2 koppies) Nutty wheat highbran wheat flour (248 g)
- 15 ml bakpoeier (1 eetlepel)
- 5 ml sout(1 teelepel)
- 15 stafies Wheetbix, opgebreek
- 2 koppies Vanilla Muesli Woolies
- 125 ml sesame saad of sonneblomsaad
Verhit die oond tot 180 ºC.
Klits eiers en suiker tot wit en lig, voeg afgekoelde botter en karringmelk by en hou eenkant.
Meng bruismeel, nutty wheat meel, bakpoeier en sout in bak.
Voeg by wheetbix, muesli en sonneblomsaad of sesame saad.
Meng nou die nat en droë mengsels goed saam.
Skep in beskuitpan en bak vir 50 minute.
Breek in stukke en droog uit oornag teen 70°C.
Notas:
Die geheim is die muesli, moet dit nie vervang nie.
Jy kan 6 koppies All Bran gebruik in plek van Wheetbix.
Ek gebruik Cordon Blue botter.
Dit pas baie lekker in my beskuitpan.
Resep en foto: Maranda Van Dam