MANIERE OM KABELJOU GAAR TE MAAK
Foto 1 en 2: Stefaans Blaauw
Kabeljou “chops” in suurlemoenbotter.
Die oumensstorie lei dat die GROTES nie lekker eetvis is nie en dat mens net kerrievis daarmee kan maak.
WEL… WEL… Dit is sowaar ‘n oumensstorie.
Ek saag tjops, ongeveer 2 cm dik, van daai GROTES.
Dan laat lê ek dit in suurlemoensap, botter, sout, peper en gedroogde uie.
Die het ek toe in die oond gebak, teen 250ºC vir ongeveer 15 – 20 minute.
Dan is dit sappig, sag en smaaklik, saam met patats, botter en ‘n roomsous bedien.
Foto 3: Stefaans Blaauw
In die oond of op die kole soos ‘n snoek, met botter, suurlemoensap, sout en peper. NIE appelkooskonfyt op die vis nie, dit kom op die brood met egte botter.
Michelle Joubert
Ek het laas week myne in die oond gemaak. Heel kabeljou, gesmeer met sout, peper en suurlemoensap. Gestop met sprietuie, knoffel en baaaaie botter. Oond toe vir so 30 minute. Lekkerrr.