Your Recipe Blog

MAMMIE SE VETKOEK MET VULSEL (KATKOPPE)

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 36 vetkoeke

MAMMIE SE VETKOEK MET VULSEL (KATKOPPE)

  • 9 koppies koekmeel
  • 5 ½ koppies lou warm water
  • 1 pakkie droë gis (pers pakkie)
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 koppie koekmeel vir afknie (hang af hoe slap die deeg is)
  • Vulsel:
  • 1 kg maalvleis / 1 heel hoender, gaar en gevlok
  • 2 groot uie
  • 4 aartapels, in kleinerige blokkies gesny
  • knoffel
  • sout en speserye na smaak
  • olie vir braai

Deeg:
Sif die koekmeel.
Maak ‘n holte in meel.
Voeg suiker, sout en gis by, gooi so bietjie toe met meel.
Voeg lou warm water bietjie bietjies by.
Knie totdat die deeg elasties en hande skoon is.
Maak deeg in bol en smeer met margarien bo-oor.
Plaas deeg in skottel en sit in swart asbliksak en maak toe.
Vou ‘n kombers om die swartsak met deeg en laat staan vir 1 uur om te rys.
Knie af en laat weer rys vir 1 uur.
Maak intussen die vulsel.

Vulsel:
Braai uie en knoffel in twee eetlepels olie.
Voeg een eetlepel egte botter by.
Voeg die maalvleis en die sout en speserye by. Braai bietjie en voeg die aartappels by.
Braai tot gaar.
Laat afkoel.

Die hoender doen jy ook dieselfde maar jy braai jou kerrie, waarvan jy hou, saam met die uie en knoffel en dan voeg jy die gaar gevlokte hoender en aartappels by en braai alles saam tot gaar.
Laat afkoel.

Vorming:
Moet nie die deeg afknie nie.
Breek stukke af en druk plat en rek dit, sit plat neer op die werksoppervlak.
Vat ‘n eetlepel van jou maalvleis- of hoedervulsel wat heeltemal koud is en sit dit in die middel van die deeg.
Vat die deeg aan die kante en vou dit na binne na mekaar en knyp toe.
Maak eers al dit vetkoeke klaar. Plaas op gespuite of gesmeerde oppervlak terwyl jy die ander vorm.
Giet olie in ‘n pot, sodra dit warm is, plaas so 3 vetkoeke in die olie en bak tot lekker bruin.
Dreineer op papier handdoek om oortollige olie te absorbeer.

Nota:
ONTHOU DIE VULSEL MOET HEELTEMAL KOUD WEES, AS DIT NIE IS NIE DAN BLY DIE DEEG ROU BY DIE VULSEL.

Resep geplaas deur Jean Botha
Foto:  Jean Botha

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page