Your Recipe Blog

MALVAPOEDING SONDER KOEKSODA

Recipe by
Cook: 20 - 35 minutes

MALVAPOEDING SONDER KOEKSODA

Resep en fotos: Wiltas Boskind Vercuiel
“Die malvapoeding het toe mooi uitgekom sonder koeksoda. Ek het die koeksoda uitgelos en bakpoeier gebruik. So, al wat ek verander het is ek het 2 teelepels bakpoeier gebruik in plaas van 1 teelepel koeksoda.”

  • 2 eetlepels botter
  • 1 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 1 opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ½ koppie melk
  • 1 teelepel asyn
  • 1¼ koppies koekmeel
  • ‘n knippie sout
  • Sous:
  • 1½ koppies melk
  • ¾ koppie suiker
  • ½ koppie botter
  • Klits eiers, suiker, botter en appelkooskonfyt saam. Klits nou res van bestanddele by.
  • Skep in voorbereide oondbak.
  • Bak in die oond teen 180 °C vir 20 – 35 minute.
  • Hou die poeding dop. Dit raak vining bruin, maar is nie noodwendig gaar nie.
  • Terwyl die beslag bak, maak die sous.
  • Kook al die sousbestanddele in ‘n kastrol. Sodra poeding uit oond kom, steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk en gooi warm sous oor.
  • Laat staan tot al die sous ingetrek het.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page