Your Recipe Blog

MALVALEKKERS

MALVALEKKERS

  • 30 ml gelatien (ek het 2 x 10 g pakkies gebruik)
  • 125 ml koue water
  • 500 ml strooisuiker (gewone suiker werk ook)
  • 125 ml kookwater
  • kleursel en geursel van eie keuse en ekstra versiersuiker om in te rol

Week die gelatien in koue water vir sowat vyf minute totdat dit sponserig is.
Plaas dit in die mikrogolfoond vir 40 sekondes op hoog  tot dit gesmelt het.
Voeg dan die suiker en kookwater by en klits dit vir so 10 – 14 minute lank.
Voeg die kleursel en geursel by en klits vir twee minute.
Versprei die mengsel op ‘n gesmeerde bakplaat en plaas dit in die yskas tot dit gestol het.
Sny in blokke en rol die lekkers in die ekstra versiersuiker.

Opsioneel:
Verbruin klapper in die oond en rol die malvalekkers daarin.

Resep en foto: Debbie Willemse

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page