Your Recipe Blog

MALVALEKKERS MET KLAPPER

MALVALEKKERS MET KLAPPER  (MARSHMALLOWS)

  • 4 koppies suiker of strooisuiker
  • 4 teelepels vanilla geursel
  • 2 eierwitte
  • 2 hoogvol eetlepels gelatien
  • 2 koppies kookwater

Gebruik ‘n elektriese menger, gooi eierwitte, suiker en vanilla in die mengbak, en meng liggies.
Meng gelatien met kookwater en gooi bietjies gewys by suikermengsel terwyl dit heeltyd geklits word.
Klits alles saam vir 30 min op hoë spoed.
Spoel oondpan met kouewater uit (maar moet nie afdroog nie).
Gooi mengsel in nat oondpan en sit in yskas tot goed gestol.
Sny in blokkies en rol in geskroeide klapper.

Klapper:
Gooi in groot kastrol, sit op die stoof en skroei tot ligbruin. Roer aanhoudend.
Het vanoggend weer marshmellows gemaak en besluit om klapper te kleur. Het 1 ml voedelselkleursel gebruik op 1 en halwe koppie klapper en met ‘n vurk gemeng.

Foto en resep: Aneen Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page