MALVALEKKER YSKASTERT
- 500 ml room, styf geklop
- 1 blik perskes, gedreineer
- 2 pakke mini malvalekkers, of groot malvalekkers, fyn gesnipper
- 125 ml suurlemoen sap
- 1 blik kondensmelk
- 1 pak Tennis beskuitjies vir onder in die bak
Meng suurlemoensap en kondensmelk saam.
Voeg styfgeklopte room by.
Meng gesnipperde perskes en malvalekkers by.
Meng alles goed en skep op beskuitjies en sit in yskas.
Krummel so 2 na 3 tennisbeskuitjies bo-oor.
Nota:
Ek het 12 porsies (soos foto) uitgekry instede van 1 groot tert.
Resep geplaas deur Esme Scheepers Van Wyk
Foto: Esme Scheepers Van Wyk
Nog idees:
Corine Meyer:
Sit mandarin stukkies by (dis in blikkies) ipv perskes. Dan is dit die Amerikaanse “Ambrosia salad”.
Ronel Jansen van Rensburg:
Gebruik gewoonlik pynappel, maar ek gaan beslis die perskes gebruik.