Your Recipe Blog

MALVALEKKER VLASKYWE

MALVALEKKER VLASKYWE

  • 750 ml boks vla (gekoopte)
  • 300 g wit malvalekkers, die kleintjies en dit moet wit wees
  • 1 rol skilferkorsdeeg, in 2 gedeel
  • versiersuiker en bietjie water, vir versiering

Spuit 2 panne, die een aan die onderkant, want jy plaas dit bo op die deeg.
Plaas die deeg op die een pan en sit die ander pan bo-op.
Bak dan die deeg vir 20 minute op 190°C.
Herhaal met die tweede stuk deeg as alles nie in een pan kon pas nie.
Plaas die een stuk deeg in ‘n bak waarin dit kan pas.
Mikrogolf die vla en malvalekkers saam vir so 5 minute. Roer elke minuut.
Skep bo-oor die deeg in die bak. Plaas dan die tweede stuk deeg bo-op.
Hou in die yskas sodat die vla en malvalekkermengsel lekker koud kan word.
Maak ‘n bietjie versiersuiker met water aan en drup bo oor.
Sny in skywe.

Nota:
Ek het die gewone malvalekkers gebruik en net kleiner geknip.

Resep en foto: Wikkie Tap

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page