Your Recipe Blog

MALVALEKKER TERT

4 ure of oornag

MALVALEKKER TERT

  • Kors:
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 90 g margarien, gesmelt
  • Vulsel:
  • 150 g pienk en wit malvalekkers, opgesny (los 3 wit en 3 pienk oor vir versiering)
  • 12 geglasuurde kersies, opgesny in klein stukkies
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml room
  • 1 blikke kondensmelk
  • 100 g stukkies pynappel, gedreineer
  • 125 ml suurlemoensap

Spuit ‘n tert bak met ‘kook sproei’ of smeer met margarien.
Maak die Tennisbeskuitjies in ‘n sakkie fyn met ‘n koekroller en voeg gesmelte margarien by.
Meng goed deur.
Druk die beskuitjiemengsel eweredig onder en langs die kante van ‘n tert bak vas.
Strooi die kersiestukkies oor die kors en sprei eweredig uit.
Laat vir so 15 min. afkoel in die yskas.

Meng die kondensmelk, suurlemoensap, opgesnyde malvalekkers, stukkies pynappel en vanilla saam.
Klits die room styf en vou in by die kondensmelkmengsel.
Skep die mengsel oor die verkoelde kors en sit in yskas vir 4 ure of oornag.

Sodra die tert ferm is, versier met geklopte room (ek het die uitgelos) en die 6 malvalekkers wat uit gehou is.

Nota:
Ek het gevind dat die tert op sy beste is na dit so paar dae in die yskas gestaan het.

Resep en foto: Chantál Theron

Christa Sell  – Ook baie lekker om die pynappel met koejawel te vervang.

One Review

  1. Janine Ferreira
    Ek en die kinders het dit gister middag gemaak en oornag in die yskas gelos. Vroeg vanoggend begin skep

    Dit het baie mooi gestol en dit smaak heerlik!
    In my opinie is hy bietjie te suur en sal ek volg keer die suurlemoensap halfveer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page