Your Recipe Blog

MALVALEKKER RICE KRISPIE BLOKKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 40

MALVALEKKER RICE KRISPIE BLOKKIES

  • 3 eetlepels botter of margarien
  • 2 pakkies (rofweg so 40) groot malvalekkers
  • 6 koppies Pick ‘n Pay No Name Rice Krispies

Smelt die botter in ‘n groot kastrol oor lae hitte. Voeg dan die malvalekkers by die gesmelte botter.
Roer goed totdat alles gesmelt het en dit nie brand nie.
Verwyder van hitte en roer die Rice Krispies by sodat al die Rice Krispies met malvalekkers bedek is.
Gebruik ‘n metaallepel, dit werk beter as ‘n houtlepel en mens moet vinnig werk, dit raak ‘n taai spul as die malvalekkers weer begin stol.
Druk die mengsel plat in ‘n vooraf gesmeerde pan van so 5 cm dikte (ek het Spray & Cook gebruik en my blokkies in twee bakke vasgedruk).
Laat effens afkoel en sny in blokkies.
Sodra koud en styf, pak in ‘n lugdigte plastiek houer (plaas ‘n lagie bakpapier op die onderste laag voor jy die volgende lagie pak) en hou geseël tot dit bedien word.

Ek het ongeveer 40 blokkies uitgekry, maar soos bo genoem was myne kleiner as 5 cm in dikte.

Nota:
Ek sal beslis weer die PnP No Name maak van die Rice Krispies koop, dit is baie lekker.

Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page