MALVALEKKER KOEK
- 60 ml (4 eetlepels) gelatien
- 250 ml (1 koppie) koue water
- 5 x 250 ml (4 koppies) suiker
- 250 ml (1 koppie) kookwater
- 20 ml (4 teelepels) vanilla geursel
- 3 kleure voedsel kleursel
- klapper vir versiersel
Spuit ‘n diep 20 cm losboompan goed met kos sproei. Strooi klapper in pan.
Spons die gelatien in koue water. Verhit tot gesmelt in mikrogolf so 2 min, moet nie kook nie.
Voeg die suiker, kook water en gelatine in ‘n mengbak en klits op hoog vir 7 tot 10 ninute met elektriese klitser tot mengsel verdik en wit verkleur.
Voeg vanilla geursel by.
Verdeel in 3 en kleur elke een ‘n verskillende kleur.
Klits weer goed en giet ‘n laag in die pan. Maak gelyk. Herhaal met die ander lae.
Plaas 1 uur in yskas om te stol.
Keer uit.
Rol kante in klapper en kan versier word met spookasem bo op.
Resep en foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar