Your Recipe Blog

MALVALEKKER FONDANT

MALVALEKKER FONDANT 

Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop. En is heel eenvoudig en net ‘n bietjie tydsaam om te maak. Wees reg om te knie!

  • 2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
  • 2 tot 5 eetlepels water
  • 1 kg versiersuiker
  • ½ koppie wit botter (om jou hande en vingers te smeer, hou waar jy maklik en gou daarby kan kom)

NOTA:
Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees.

Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker.
Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes, dan weer oop en roer, doen die tot dat alles gesmelt het. Dit neem gewoonlik so 2 minute.

Strooi nou ¾ van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter, palms, agterkant en tussen die vingers. Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en keer die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel uit.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie. Dit is baie taai.
Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog.
Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeer, is dit te droog, voeg ‘n ½ teelepel water op ‘n slag by en knie.
Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry.
Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag. Maar dit kan ook dadelik gebruik word.
As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.

Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter oor die fondant, en sit in ‘n plastiese sakkie en dan in nog ‘n sakkie wat kan seël, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke. Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre, en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig.

Resep geplaas deur Petra Pretorius Seaton
Foto: Twané Jansen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5