MALVALEKKER “FLUFF” (MARSHMALLOW)
Foto en resep: Frikkie Jones
Marshmallow fluff.
- 150 g suiker
- 250 g glucose
- 80 g water
- 3 eierwitte
- ½ teelepel kremetart
- 1 teelepel vanilla geursel
- knippie sout
- Meng die suiker, water en glukose in ‘n potjie en roer stadig oor lae hitte SONDER OM TE KOOK tot die suiker opgelos is.
- Sodra die suiker opgelos is, laat dit kook teen 115°C sonder om te roer.
- Klits die eierwitte en sout tot dit soos see skuim lyk in ‘n groot hitte bestante bak.
- Voeg die kremetart en vanilla geursel by en klits tot styf, maar nie droog nie.
- Sodra die suikermengsel op tempertatuur is, voeg alles op een slag by die stywe eierwitmengsel en klits op medium hoë spoed tot styf (afhangende van jou klitser so 5 tot 8 minute).
- Nota:
- Gebruik tussen koeklae as vulsel of as versiersel of bo-op brownies of as meringue vir ‘n lemon meringue op ‘n reënerige dag. Hy skroei pragtig met’ n blaasvlam. Dis stabiel en kan lank hou.
Category:

