Your Recipe Blog

MALVA- KOFFIEBESKUIT

Recipe by
Cook: 30 mins + drying time

MALVA- KOFFIEBESKUIT

Ek het die beskuit gebak, dit het heerlik uitgekom.
Ek het 1.8 g Jacobs koffie met 250 ml kookwater aangemaak, geen melk nie, die vloeistof was voldoende.
Volgende keer sal ek bietjie ekstra koffie in sit, want ‘n mens proe glad nie die koffie nie.
  •  5 eetlepels botter, saggemaak (80 g)
  • ¾ koppie suiker
  • 2 eiers
  • 3 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1 eetlepel asyn
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • 250 ml sterk swart koffie afgekoel (kookwater en koffiepoeier)

Voorverhit die oond tot 180°C en voer ʼn middelslag-grootte oondbak 25 x 30 cm met bakpapier uit.
Laat die rante oor die kante hang om te help om die malvapoeding uit die bak te lig.
Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by tot goed gemeng.
Klits die appelkooskonfyt en asyn by. Voeg die droë bestanddele om die beurt met die koffiemengsel by die bottermengsel.
Meng tot alles net ingewerk is – moenie oormeng nie.
Giet die beslag in die voorbereide pan en bak vir 30 minute of totdat ʼn toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel vir ongeveer 1 uur of oornag vir die beste resultate.
Voorverhit die oond tot 90°C en plaas ʼn afkoelrak op ʼn groot bakplaat.
Lig die malvapoeding uit die pan en op ʼn snyplank; gebruik die bakpapier om te help.
Sny in beskuitgrootte stukke.
Plaas die stukke op die draadrak en spasieer hulle.
Laat die beskuit vir 2 – 3 uur in die oond droog word tot bros, met die oonddeur effens oop, gebruik ʼn houtlepel om die deur oop te hou.
Laat dit heeltemal afkoel voordat dit in ʼn lugdigte houer geplaas word.
Sit hierdie heerlike malvapoedingbeskuit voor saam met ʼn koppie koffie of tee en geniet.

Resep: Etienne Calitz
Resep aangepas en foto: Cornelia Walkinshaw Bosman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page