Your Recipe Blog

MALEISE KOOLBREDIE

MALEISE KOOLBREDIE

  • 1 groot spitskopkool, gesnipper
  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • ½ koppie water
  • 6 eetlepels kookolie
  • 2 teelepels komynsaad (ek het fyn komyn gebruik)
  • 4 naeltjies
  • 2 wonderpeperbessies
  • 1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
  • 2 preie, in dun skyfies gesny
  • ½ koppie seldery, gekap
  • 1 groen brandrissie, gekap, opsioneel
  • 8 klein aartappels, geskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 1 teelepel suiker

Blansjeer kool vir 5 minute in kokende water. Dreineer en hou eenkant.
Kook uie en water in ‘n groot kastrol tot water verdamp het.
Voeg olie en komyn by en soteer tot uie deurskynend is.
Voeg naeltjies, wonderpeper en vleis by en smoor vir 30 minute.
Voeg kool, preie en seldery by.
Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel. Prut tot vleis amper sag is.
Voeg brandrissie, aartappels, sout en peper by.
Roer om te meng, sit deksel op en prut tot aartappels gaar is.
Sprinkel suiker oor en roer.
Bedien saam met rys of soos verkies.

Resep: Cass Abrahams
Foto: Petré van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5