MALEISE BEESKERRIE MET PATATKOEKIES
Bedien saam met patatkoekies
- 1 kg beesvleis
- 3 uie, gekap
- 2 teelepels fyn knoffel
- 3 kardamompeule
- 3 stukke pypkaneel
- 3 eetlepels masala
- 1 eetlepel fyn komyn
- 2 eetlepels borrie
- 1 eetlepel beryani masala
- 1 eetlepel fyngerasperde gemmer
- 1 eetlepel fyn koljander
- ½ pakkie tamatiepasta
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 6 aartappels, in blokke gesny
- 2 geelwortels, in stukke gesny
- kookolie
Plaas gekapte uie in kastrol, voeg half koppie water, pypkaneel en kardamompeule by, kook tot al die water verdamp het, voeg om en by 4 eetlepels kookolie by, asook al die ander speserye, behalwe die knoffel.
Braai goed deur, voeg tamatie pasta en knoffel by, asook 2 koppies water. Voeg vleis en knoffel by meng goed deur en prut vir 30 minute.
Voeg aartappels en wortels by, asook 2 koppies water, bedek kastrol met digsluitende deksel en prut vir om en by 30 tot 45 minute of totdat die aartappels sag is en die water en speserye ‘n dik sous begin vorm.
PATATKOEKIES
- 1 groterige patat, in ringe gesny en sag gekook
Skep patats uit, behou water en druk fyn, meng die volgende by:
- ¼ koppie meel
- 1 eier
- knippie sout
- 1 teelepel bakpoeier
Skep lepels vol in ‘n pan met warm olie draai om en bak tot goudbruin en deur gaar.
Maak die gemmerstroop van 2 koppies water waarin die patats gekook het, voeg die volgende by:
- 2 koppies suiker
- 1 eetlepel heuning
- teelepel gemmer
Kook tot ‘n ligte stroop, vorm en giet oor patatkoekies.
Foto en Resep: Petré van Jaarsveld