MAKLIKSTE SOETKOEKIES OOIT
3 bestanddele resep. Die kids het dit Saterdag gemaak:
- 500 ml koekmeel
- 250 g botter
- 125 ml suiker
Room botter en suiker en voeg meel by.
Meng tot ‘n stywe deeg.
Druk uit in vorms en bak 10 min op 180°C.
Nota: Debbie Sandow
Maak ronde balletjies en pak op gesmeerde oondpan. Druk effens plat, bak 180°C vir so 15 na 20 min. Myne net 15 min gebak. Proe amper soos shortbread. Het so 20 koekies gekry.
Adam Cloete:
Ek het sommer ‘n knippie kaneel, naeltjies en gemmer bygesit en toe word dit spesery koekies.
Second photo and note from Zelda Ellis:
I made this recipe again, thank you. I used icing sugar instead of sugar. Instead of rolling into balls I pressed all dough onto a baking sheet and baked at 180 for 15 minutes. Took out of oven sprinkled with caster sugar, cut into blocks. Turned oven off and placed back in oven until cooled down.
Yummy shortbread!
Resep geplaas deur Marinda Smit
Foto: Debbie Sandow
Kan ek milo ook opsit
Hi Madelein
Jammer ek sien nou eers jou vraag, ek verstaan nie mooi jou vraag nie. Wil jy milo in die deeg sit, of op die koekies as versiering?
Groete Rina