Your Recipe Blog

MAKLIKE ZOOKOEKIES

Recipe by
Cook: 10 -12 minute | Servings: 12 - 15 koekies

MAKLIKE ZOOKOEKIES

  • Koekiedeeg:
  • 185 g koekmeel
  • 125 g botter
  • 60 g strooisuiker

Meng die meel en suiker en vryf die botter by die meelmengsel in.
Hou aan meng totdat ‘n bal vorm.
Rol die deeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is tot ongeveer ½ cm dik en druk vormpies van eie keuse uit.
Plaas op ‘n bakplaat en sit ‘n rukkie in die yskas, deeg moet lekker koud wees om vorm te behou.
Bak die koekies op ‘n voorbereide bakplaat vir 10 – 12 minute by ‘n voorverhitte oond teen 180ºC.
Laat die koekies afkoel en smeer die versiersel op die koekies.

  • Versiersel:
  • 125 g versiersuiker
  • 1 eetlepel warmwater
  • voedeselkleursel van eie keuse

Meng die versiersuiker met die warmwater, drup die voedselkleursel by die versiersel en meng tot verlangde kleur.

VERSIERSEL VIR ZOOKOEKIES

Hierdie werk en proe heerlik.

  • 1 eierwit
  • 5 ml suurlemoensap
  • 200 g versiersuiker
  • 5 ml gliserien

Klits die eierwit en suurlemoensap tot skuimerig.
Voeg die versiersuiker bietjies,bietjies by die eierwit en klits tot glad.
Roer die gliserien by die versiersel.
Verdeel die versiesel in klein plastieksakkies en gebruik gelkleursel om dit in verskillende kleure te kleur.
Maak ‘n klein gaatjie in die hoekie van elke sakkie en gebruik die sakkie om die koekie te versier.
Versier een kleur op ‘n keer en laat die versiersel stol voor jy ‘n ander kleur opsit, dan meng die kleure nie.

Wenk:
Dit werk beter in warmer weer. Nat, koue weer en jy sit dalk met ‘n loperige versiersel.

Zelda Van Niekerk:
Jy het nie nodig om gliserien by te voeg nie. Dit is maar net vir bietjie blink wanneer die versiersel hard raak. Ek gebruik net die versiersuiker, eierwit en suurlemoensap.

  • My resep is as volg:
  • 2 eierwitte
  • 1 groot “squirt” suurlemoensap
  • versiersuiker (hoeveelheid hang af van hoe dik jy die versiersel verkies)

Die resep maak heelwat versiersel. Jy kan natuurlik ook net 1 eierwit gebruik. Dan pas jy net die ander bestanddele aan. As my versiersel klaar gemeng is, voeg ek wit gelkleursel by en meng goed deur. Daarna sal ek die versiersel verdeel volgens hoeveel ander kleure ek benodig en dan kleur ek met gelkleursel daarvolgens (ek gebruik meestal Barco gelkleursel, maar gebruik ook poeier kleursel).
Enige kleursel werk, ek gebruik meestal gelkleursel, maar het ook al gewone voedselkleursel en poeierkleursel gebruik. Met die gelkleursel en poeier kleursels is daar net ‘n baie groter verskeidenheid kleure beskikbaar as met gewone voedselkleursels in die botteltjies.

Resep getoets en foto: Benhet Nieuwenhuis

One Review

  1. Ronelda Manny Esau
    Ek het dit al 3 keer gebak, nooit my teleurgestel nie, sommer ‘n bietjie fyn kaneel by een beslag gevoeg.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page