MAKLIKE WELSH RAREBIT
My kinders kom vra my wat ek vir middagete maak. Toe hulle hoor dit is Welsh Rarebit is hulle reaksie “Yayy! Dankie Mamma!” En dit is maklik, vinnig en sakpas.
Welsh Rarebit (Dikkerige Peper Kaassous op Roosterbrood -ou familie resep):
- 2 eetlepels margarien
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 tot 1.5 koppies melk
- 2 koppies cheddar/gouda kaas
- sout en peper
- roosterbrood
- Opsioneel:
- fyn biltong of gebraaide spekblokkies
Gebruik ‘n klitser om te meng.
Smelt die margarien in ‘n pot en voeg die koekmeel by om ’n pasta te maak.
Voeg geluidelik die melk by en roer aanhoudend om klonte te vermy.
Laat dit tot kookpunt kom, voeg die kaas by en roer tot dit gesmelt het.
Voeg sout en peper by en meng goed in. (Ek gebruik nogal redelik peper want dit gee ‘n lekker peper smaak aan die sous.)
Skep dan warm oor die roosterbrood.
Fyn biltong of miskien ook bros gebraaide spekblokkies kan ook opgesit word.
Lekker vir ‘n koue wintersdag!
Resep en foto: Pamela Stander