Your Recipe Blog

MAKLIKE VISKOEKIES

Recipe by
| Servings: 3 porsies

MAKLIKE VISKOEKIES

Hierdie is vir die tye wat jy nie regtig kos wil maak nie.

  • 1 groot blik sardyne in tamatiesous
  • 1 eier
  • 1 sny brood
  • 1 ui
  • 1 eetlepel koekmeel
  • sout en peper
  • olie vir braai

Haal die vis se graatjies uit.
Rasper die ui.
Week die brood in ‘n bietjie water of melk om sag te maak.
Skei die eier en hou die wit eenkant.
Meng die vis, brood, ui, eiergeel en koekmeel.
Voeg sout en peper na smaak by.
Klits die eierwit goed.
Rol balletjies van die vismengsel en druk effens plat.
Doop die balletjies in die eierwit en braai in warm olie tot goudbruin aan albei kante.
Geniet saam met ‘n lekker slaai.

Foto en resep: Dalene Venner

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page