MAKLIKE EN VINNIGE MAALVLEIS AANDETE
- Meng die volgende goed deur en hou eenkant:
- 400 g maalvleis
- 1 groen rissie, opgekap
- 1 tamatie, opgekap
- 1 ui, opgekap
- 1 wortel, gerasper
- 2 knoffelhuisies, opgekap
- sout, peper, rooi peper en tiemie na smaak
- Beslag:
- 2 eiers
- 200 ml melk
- 30 ml olie
- 15 ml bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 240 g koekmeel
- 1 groot aartappel, gerasper
- 10 ml pietersielie
- Ekstra:
- ongeveer 150 ml gerasperde Gouda kaas
- 2 agurkies, in skyfies gesny
- tamatiesous
Kits eiers en melk en olie
Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng tot glade deeg.
Voeg aartapels en pietersielie by en meng goed.
In ‘n gesmeerde oondbak skep helfte van die beslag in en maak mooi gelyk.
Skep al die maalvleismengsel bo en maak gelyk.
Skep oorblywende beslag bo-oor en maak gelyk.
Bak by 180°C vir 40 min.
Strooi die kaas lekker dik oor, sit die agurkies op en giet tamatiesous oor soos op die foto.
Bak weer 10 min vir die kaas om te smelt.
Lekker eet.
Resep en foto: Martie Labuschagne