MAKLIKE EN VINNIGE MAALVLEIS AANDETE
Resep en foto: Martie Labuschagne
- Meng die volgende goed deur en hou eenkant:
- 400 g maalvleis
- 1 groen rissie, opgekap
- 1 tamatie, opgekap
- 1 ui, opgekap
- 1 wortel, gerasper
- 2 knoffelhuisies, opgekap
- sout, peper, rooi peper en tiemie na smaak
- Beslag:
- 2 eiers
- 200 ml melk
- 30 ml olie
- 15 ml bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 240 g koekmeel
- 1 groot aartappel, gerasper
- 10 ml pietersielie
- Ekstra:
- ongeveer 150 ml gerasperde Gouda kaas
- 2 agurkies, in skyfies gesny
- tamatiesous
- Kits eiers en melk en olie
- Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng tot glade deeg.
- Voeg aartapels en pietersielie by en meng goed.
- In ‘n gesmeerde oondbak skep helfte van die beslag in en maak mooi gelyk.
- Skep al die maalvleismengsel bo en maak gelyk.
- Skep oorblywende beslag bo-oor en maak gelyk.
- Bak by 180°C vir 40 min.
- Strooi die kaas lekker dik oor, sit die agurkies op en giet tamatiesous oor soos op die foto.
- Bak weer 10 min vir die kaas om te smelt.
Category:



