MAKLIKE VINNIGE “DROP” SKONS
Maak 24 mooi groot skons.
- 4 koppies koekmeel
- 2 koppies melk of karringmelk
- 4 teelepels bakpoeier
- knippie rooi peper
- knippie droë mosterd poeier
- 3 geklitste eiers
- 3 koppies gerasperde kaas (Cheddar)
- 250 g botter
- 1 teelepel sout
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos krummels lyk.
Voeg die kaas by.
Klits nou melk en eiers saam.
Voeg by die meelmengsel.
Meng tot ‘n slap deeg.
Skep in muffin panne tot so ¾ vol en bak vir omtrent 30 tot 40 minute tot gaar by ongeveer 180ºC.
Nota:
Ek sit partykeer fyn gekapte biltong in of spek of mielies.
Foto en resep: Alta Gunther van Dyk