MAKLIKE TUNA GEREG
- 1 blikkie tuna, gedreineer
- 1 – 2 eiers
- 1 blikkie room van sampioensop
- 1 koppie kaas gerasper
- ½ pak kaas en uie skyfies, gekrummel
Meng al die bestanddele saam en plaas in ‘n oondvaste bak.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir so ‘n uur of tot bruin.
Nota:
Die gereg is so lekker dat ek gewoonlik die beslag verdubbel.
Heerlik warm of koud.
Bedien saam met skyfies of slaai.
Kan ook wanneer dit koud is as ‘n tipe pate bedien saam soutkoekies.
Resep geplaas deur Verna Parker
Foto: Debbie Edwards
Vir die slaai op die foto:
Broccoli stingels, in repies gesny
Fyngekapte kool, wit en rooi
Fyngekapte kale (?)
Repies wortel
Sonneblom sade, korente, “bacon bits”, pitmielies en gebraaide uie
Vir slaaisous het ek ‘n bietjie fyn avokado peer met Ranch sous gemeng.
Christel Swart – Het ook hierdie Maklike Tuna gereg gemaak, absoluut heerlik en baie maklik.