MAKLIKE TAMATIEPASTA
- 500 g pasta, gekook volgens instruksies op pakkie
- Sous:
- 2 pakkies gesnipperde ontbytspek
- 6 viennas, opgesny
- 1 pakkie sundried tamaties, fyn gesny
- 1 blikkie tamaties
- 1 ui
- 250 g sampioene, gekerf
- klein pakkie vars basiliekruid
- 1 pakkie tamatie pasta
- bietjie olie vir braai
- ¼ koppie water
- 1 eetlepel soyasous
- ¼ koppie blatjang
- 3 teelepels suiker
- Ina Paarman pasta speserye na smaak
Braai die uie en spek tot sag/gaar.
Voeg die res van die bestanddele by en kook vir so 5 min op lae hitte.
Meng met die pasta en bedien.
Resep geplaas deur Marian van Deventer
Foto: Marian van Deventer
Category: