Your Recipe Blog

MAKLIKE SKAAPBOUD OP DIE STOOF

Recipe by
Cook: 3-4 ure

MAKLIKE SKAAPBOUD OP DIE STOOF

GEEN marinades nodig, geen karringmelk, geen souse, nie gestop met enige vet of knoffel nie.
Geen beefstock of enige stock word bygevoeg nie.

  • skaapboud
  • sout
  • peper
  • koljander
  • 3 eetlepels bruinasyn
  • 1 – 2 naeltjies
  • ½ pot water
  • gekerfde uie, na smaak
  • aartappels, in kwarte gesny

Vryf die boud in met die speserye en bruinasyn. Plaas in ‘n pot saam met die naeltjies.
Kook in ‘n halwe pot water vir ongeveer 3 ure.
Laat droog kook en potbraai die boud in sy eie vet (nie kookolie nie) saam met die gekerfde uie.
Voeg dan nog ongeveer 2 koppies water by en voeg die aartappelkwarte by die bruinsous in die pot.
Kook totdat die aartappels sag is en die sous lekker verdik het.
Bedien soos verkies met rys en groente.

Resep en foto’s: Stefaans Blaauw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5