Your Recipe Blog

MAKLIKE SJOKOLADE FUDGE

MAKLIKE SJOKOLADE FUDGE

Die fudge is duur en geil, maar lekker, veral oor die somer- en vakansiedae.

  • 400 g “Couverture” sjokoladae, 55%
  • 10 ml geroosterde kaneel
  • 1 blik kondensmelk
  • 15 g botter
  • knippie sout

Voer ‘n 22 x 22 cm pan uit met bakpapier en plaas eenkant.
Mikrogolf die kondensmelk, kaneel en sout saam in ‘n groot glasbak tot kokend.
Verwyder uit die mikrogolf en roer die mengsel deur met ‘n spatel.
Voeg die “Couverture” by en roer vinnig deur.
Laat staan die mengsel vir 4 min en roer uit die middel na buite tot jy ‘n homogene mengsel het.
Voeg neute of wit sjokolade stukke by soos verkies.
Giet die mengsel in die voorbereide pan en maak gelyk.
Verkoel die fudge vir 2 ure of tot dit styf is.
Keer die fudge uit die pan en trek die papier af.
Sny die fudge in 5 x 5 cm blokkies en sny weer oorhoeks in driehoeke.
Verkoel tot benodig.

Nota:
Mens kan neute, klapper, gekristalliseerde gemmer, pynappel of kersies of ‘n mengsel van alles insit. Dit mag net nie ‘n sopperige iets wees nie. Mens kan die kaneel uitlaat of verskillende sjokolade gebruik.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page