MAKLIKE SEEKOSPASTA
“My gunsteling seekospasta, net die noedels selfs bepaal of dit keto/low carb is of nie.”
- ½ ui, gekap
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 1 tamatie, gekap
- 100 ml droë witwyn
- 2 eetlepels tamatiepasta
- 250 g gekookte garnale (ontvries, indien gevries was)
- 1 blikkie tuna, gedreineer
- 1 blikkie gerookte mossels, gedreineer
- 2 eetlepels pietersielie, gekap
- 200 ml room
- sout en peper, na smaak
- 350 g gekookte pasta van jou keuse (ek het gaar “courgette and heart of palm” noedels gebruik om dit keto te hou)
Braai die ui en knoffel vir so 5 – 7 minute tot deurskynend. Voeg die tamatie, wyn, tamatiepasta, garnale en tuna by en kook dit vir 5 – 10 minute sonder die deksel (oop). Roer nou die mossels, pietersielie, room, sout en peper deur en kook nog vyf minute. Roer die gaar pasta deur en geniet.
Resep en foto: Ilze Jacobs