Your Recipe Blog

MAKLIKE ROLKOEK – SWISS ROLL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 min.

MAKLIKE ROLKOEK – SWISS ROLL

Leza Du Toit Mienie sê “Ek kan nie bak om my lewe te red nie… Maar swiss roll kan ek maak.
Hierdie is ‘n baie maklike resep”

  • 1 koppie koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 6 eiers, geskei
  • 1 koppie strooisuiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • appelkooskonfyt of karamel

Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg die suurlemoensap en vanilla by en meng deur.
Voeg droë bestanddele by en meng, moenie oormeng nie.
Klits eierwitte styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel in met ‘n metaal lepel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde rolkoekpan (ek gebruik sommer ‘n klein koekie bakplaat wat met waspapier uit gevoer is).
Bak teen 200 ºC vir 10 tot 15 minute.
Toets pen moet skoom uit die middel kom.
Keer uit op ‘n klam vadoek wat met strooisuiker gestrooi is.
Trek versigtig die bak papier af.
Maak konfyt effens warm in mikrogolf oond.
Smeer mildelik oor die koek. Kan ook gekookte kondensmelk gebruik.
Vat die vadoek aan die punte naaste aan jou en rol versigtig op met die hulp van die vadoek.
Sny die punte versigtig af en eet dit vinnig, anders wil die kinders dit hê…

Resep:  Leza Du Toit Mienie
Foto: Cindy Dowling

2 Reviews

  1. lynette coetzee

    Wanneer kom suurlemoensap en vanielje in?

    • Hi Lynette ek het die resep reggemaak, altyd die vloeistowwe bymekaar en die droë bestanddele saam. 🙂
      Geniet dit, lekker bak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page