MAKLIKE REENBOOGPOEDING
- 5 verskillende kleure jellie
- 1 blik kondensmelk
- 1 blik ingedampte melk
- 5 ml vanilla geursel
- 24 g gelatien
Maak jellie aan soos aangedui op die pakkie en laat stol in verskillende 500 ml bakkies.
Sny die gestolde jellie in blokkies.
Plaas in glas bak of silikoon ring pan.
Meng kondensmelk en ingedamte melk saam in 1 liter beker en voeg die vanilla geursel by en meng.
In 500 ml houer sit 1 koppie koue water en en voeg 24 g gelatien oor en meng. Laat staan 1 min.
Meng nou 1 koppie warm water by die koue gelatienmengsel. Meng goed en voeg by die kondensmelkmengsel. Meng goed deur.
Giet die mengsel oor die blokkies jellie en meng goed deur.
Laat stol oornag in yskas.
Bedien met vla.
Resep en foto: Meisie van der Colff