Your Recipe Blog

MAKLIKE PLAATKOEKIES

Recipe by

MAKLIKE PLAATKOEKIES

  • 1 eier
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 koppie melk
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout

Klits die melk, suiker en eier saam.
Voeg die meel, sout en bakpoeier by.
Drup ‘n bietjie olie in ‘n pan en smeer die oppervlakte daarmee.
Sit plaat op medium hitte.
Skep lepelsvol entjies uitmekaar in die pan.
Wanneer dit begin borrel, draai om vir paar sekondes en tot gaar.

Resep en Foto: Petro Labuschagne

15 Reviews

  1. Dalena

    Lekker maklik! Ek het die 1 koppie melk verdeel in half kop melk, half koppie wit volroom yogurt

    Star
  2. Tarien

    Flippin maklik!! Ekt vir my kleintjie appel-peer-mousse by die beslag gemeng, ook helfte van die melk vervang met plain joghurt én kanneel bygesit- steeds ‘n wenner!! Dankie vir die cool resep!!

    Star
  3. Yolanda

    Die plaatkoekiea reis maar nie baie hoog nie en dis asof die deeg self binne nie reg uitkom nie. Jammer maar die sal ek nie weer gebruik nie.

    Star
    • Yolanda ek verstaan dit glad nie want 1 teelepel bakpoeier op 1 koppie meel met ‘n eier is perfek, en plaatkoekies rys nie vreeslik nie, maar is tog pofferig, en soos jy op die foto kan sien dit het perfek gebak. Ek wonder wat het by jou verkeerd gegaan, want hierdie resep is regtig reg. Was jou olie in die pan nie te warm nie, of dalk is jou bakpoeier verslaan. Jammer om dit te hoor, maar lees gerus die ander mense se kommenstaar wat se dit is ‘n fantastiese resep.

  4. Coleen

    Maklik en vinnig en my gesien is lief daarvoor. Ek gooi n titseltjie vanilla essence en n extra 1/4 koppie melk by. Dankie vir die resep.

    Star
  5. Hendrik

    Skielik uit die bloute, of dalk nostalgie, ‘n groot lus gekry vir plaatkoekies. Op 67, sonder ‘n vrou vir baie jare, nog steeds sukkel met basiese kosmaak prosesse, is die resep die maklikse ooit. Gebruik nie en het nooit melk nie maar my versuurde bottermelk het baie goed gewerk. Dankie

    Star
  6. Cathrine

    Gaan dit nou probeur altans my 16 jarige seun hy wil graag leer hoe om dit te maak

    Baie dankie vir die resep en hou asb duim vas

    Star
  7. Madelize

    Ek het helfte melk en helfte ideal melk gebruik. Dit is vreeslik lekker.

    Star
  8. Annelie

    Awesome! Het nog bietjie melk en 1 eetlepel gesmelte margarine bygesit!

  9. Arnold

    Ekt sommer n dubbel resep gemaak saam met creamy curry chicken vir vinaand

    Star
  10. Anet

    Wonderlike resep,sopas gemaak,klein en groot het dit geniet,sal beslis weer maak!

    Star
  11. Anduline Kriel

    Anduline
    Goeie resep, baie dankie maklik en vinnig om te maak.

    Star
  12. Priscilla

    Hi dom vraag kan ek self raing gebruik of moet dit gewone koekmeel wees wat bakpoeier nodig kry?

    • Hallo, onthou geen vraag is dom nie, dis slim mense wat vra voor hulle doen:). Ja jy kan bruismeel gebruik, geen probleem nie.
      Lekker bak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page