MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK
I am so chuffed. My first Microwave Christmas cake and it looks amazing. Proof is in the pudding, but I tasted the batter in it tast yummy. Never the shlep of a 4 hour bake in the oven with layers and layers of brown paper again -Maryke Nel McCaig
- Plaas die volgende bestanddele in ‘n mikrogolfbak en mikrogolf 5 minute op 100% krag met kleefplastiek oor. Laat dit heeltemal afkoel:
- 500 g droëvrugtekoek mengsel (ek het geglanseerde vrugte redelike stukke gesny)
- 432 g blik fyn pynappel met stroop en al
- 1 koppie sagte bruinsuiker
- 125 g margarien in blokkies (ek het regte botter gebruik)
- 1 teelepel gemengde speserye
- 1 teelepel kaneel
- 1 teelepel fyn gemmer
- Voeg by die afgekoelde mengsel:
- 1 teelepel koeksoda
- 2 eetlepels brandewyn
- 200 g kersies
- 100 g pekanneute, opsioneel
- Meng die volgende saam in ‘n aparte bak:
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie bruismeel
- ¼ teelepel sout
- Ekstra:
- 2 groot eiers, geklits
- brandewyn
Sif die meelmengsel om die beurt met die geklitste eiers by die vrugtemengsel en meng goed deur.
Ek het dit in my silikoon pan van 22 cm by 22 cm en 5 cm geskep, wat ek liggies met kossproei gespuit.
Maak ‘n holtetjie in die middel van die beslag. Kan ook ‘n ringpan gebruik.
Mikrogolf vir 25 min by 70% krag.
Sprinkel brandewyn oor en laat in pan afkoel (Ek het nie eers nie).
Keer om op rak en sprinkel weer brandewyn oor.
Sodra die koek goed koud is, draai toe in foelie.
Nota: Louisa Prenzler
Ek het gou sommer 2 mikro vrugtekoeke gebak in silikoon panne. Dit is die mooiste wat hulle nog ooit gekom het en ek het nie eens ‘n omgekeerde piering onder die pan gesit nie, want die panne is mos slap. Die resep, weet ek nie meer waar ek hom gekry het nie, maar julle kan hom bak, dit kom nooit ‘n floppie nie.
Foto: Maryke Nel McCaig
Resep: Louisa Prenzler
Baie dankie,