Your Recipe Blog

MAKLIKE MIKROGOLF FUDGE

12 minute
Cook: 12 minute

MAKLIKE MIKROGOLF FUDGE

Goeiedag julle… kyk ek is nou nie ‘n bakster van formaat nie. Maar trots is ek baie trots op myself vandag. Het hierdie maklike fudge resep agter die strooisuiker pakkie gekry en gedink, so maak ek fudge vandag, kom wat wil. En julle, ek is so trots op myself. Ek kan fudge maak!

  • 125 g botter
  • 2 koppies strooisuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 1 blik kondensmelk

Meng strooisuiker, botter en vanilla geursel in mikrogolf bak.
Mikrogolf op hoog vir so 2 min. tot botter gesmelt is. Meng goed.
Voeg die kondensmelk by maar moenie roer nie.
Mikrogolf verder vir 10 min en roer so elke 2 min.
Laat effens afkoel en meng goed deur met houtlepel.
Giet in gesmeerde bak en laat staan tot heeltemal afgekoel.
Sny in blokkies en geniet.

Resep en foto: Annetjie Olivier

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page