Your Recipe Blog

MAKLIKE MELKKOS

Recipe by
| Servings: 6 - 8

MAKLIKE MELKKOS

“Een hap hiervan en ek is terug in die skoolkoshuis se eetsaal op ’n koue wintersdag…
Melkkos is pure nostalgie. Dis trooskos en dis natuurlik ook nie duur om te maak nie (seker daarom dat ons dit so baie in die koshuis gekry het).”

  • 2 liter volroommelk
  • 310 ml koekmeel
  • 3 ml sout
  • 45 ml botter
  • kaneelsuiker, om mee voor te sit

Verhit melk in ’n groot kastrol tot net onder kookpunt. Terwyl die melk warm word, meng meel en sout saam in ’n bak en vryf botter daarby in met vingerpunte (jy kan dit ook in ’n voedselverwerker doen). Sprinkel meelmengsel bo-op kokende melk en roer dit met ’n houtlepel tot goed gemeng. Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute, terwyl roer, tot verdik en gaar.
Die mengsel moenie ’n gladde sous wees nie; dit moet klonterig wees. As daar egter te groot klonte vorm, gebruik ’n draadklitser om dit op te breek.
Sprinkel ’n lepel kaneelsuiker onder in elke bakkie, skep die kokende melkkos bo-op en sprinkel nog  kaneelsuiker bo-op.
Lewer 6 – 8 porsies.

Resep geplaas deur Pam Cloete Saal
Fotos: Pam Cloete Saal

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page