MAKLIKE MARMELADE MET 4 VRUGTES
Ek hou van sitrustyd… lemoene, naartjies, pomelo’s en suurlemoene in oorvloed.
- 2 pomelo’s
- 2 naartjies
- 2 lemoene
- 2 suurlemoene
- vars gesnyde gemmer
- 3 liter water
- 2.5 kg suiker
Sny die vrugte met skil en al in dun skyfies (ek sit dit sommer in my voedselverwerker en sny met lem in dun skyfies). Indien daar pitte in die vrugte is, verwyder hulle. Laat lê die gesnyde vrugte oornag in water, giet die water die volgende oggend deur ‘n vergietes af. Plaas die vrugte in ‘n groot pot en voeg 3 liter water by en kook tot sag.
Voeg suiker by en laat stadig smelt en kook dan vinnig. As termostaat 102°C bereik giet in gesteriliseerde bottels.
Voeg stukkies vars gesnyde gemmer by gedurende die kook poroses.
Die gemmer is die geheim van die marmelade.
Resep maak 8 heuning grootte bottels.
Resep en foto: Jessie Vermeulen












