MAKLIKE KOPERPENNIE WORTELSLAAI
Yolande Nel – Dié heerlike slaai gemaak die naweek. Ek het die green pepper uitgelaat, bloot omdat ek nie in die huis gehad het nie. Maklik en vreeslik lekker!
- 1 kg wortels, geskil en in skywe gesny
- 2 middelslag soetrissies, ontpit en sny in stukkies
- 2 uie, gekap
Kook wortels tot half gaar en dreineer oortollige water.
Plaas rissie en uie by wortels in kastrol.
- Meng volgende sous:
- 1 pakkie (82 g) tamatiesoppoeier
- 250 ml water
- 200 ml wit asyn
- 125 ml kookolie
- 250 ml suiker
- 10 ml Worcestersous
- 5 ml droë mosterd (of 7 ml aangemaakte mosterd)
- sout en peper na smaak
Kook die sous en roer aanhoudend tot kookpunt en kook dan vir 2 min.
Giet die sous by die wortels en meng goed deur.
Sit terug op stoof laat sous deur kook.
Bottel warm.
Resep geplaas: Nicolette Papas – Aneen Ferreira
Foto: Yolande Nel